Wn/af/Steinhoff skik met Investec

From Wikimedia Incubator
< Wn‎ | afWn > af > Steinhoff skik met Investec
Jump to: navigation, search

Danie van der Merwe, waarnemende HUB van Steinhoff, sê dat hy en Investec reeds buite die hof geskik het oor lenings waaroor Investec in Desember 2017 die hof genader het, berig Netwerk24. Investec wou deur 'n hofaansoek keer dat lenings uit bankrekeninge van Van der Merwe se Ruby Street en Markus Jooste se Mayfair Speculators onttrek word en wou eis dat die bedrae terugbetaal word. Die lenings is kort voor die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys met Steinhoff-aandele as sekuriteit uitgeneem. Investec het op 29 November 2017 R93,5 miljoen aan Mayfair Speculators oorbetaal en R26,3 miljoen aan Ruby Street.

Bronne[edit]