Wn/af/Patricia de Lille geskors weens beweerde wanadministrasie

From Wikimedia Incubator
< Wn‎ | af
Wn > af > Patricia de Lille geskors weens beweerde wanadministrasie

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, is uit die Demokratiese Alliansie geskors hangende 'n ondersoek na beweerde wanadministrasie in die Kaapstadse metropolitaanse munisipaliteit, berig Maroela Media. Luidens berigte is De Lille ook gevra om redes te verskaf waarom sy nie as burgemeester van Kaapstad moet bedank nie. Phumzile van Damme, nasionale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het in 'n verklaring gesê De Lille se skorsing volg op 'n menigte bewerings van wanadministrasie en uit 'n behoefte aan deursigtigheid en duidelikheid.

Bronne[edit | edit source]